word deel van die opwindende projek!
laai die toep af!
bou aan ons ekonomiese vryheid!
Wat is die Ora en dOra?
Die Ora is alombekend as Orania se eie ruilhandelmiddel. Die Ora nie ʼn geldeenheid is nie, maar ʼn koeponstelsel. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank verbied die skep van enige ander monetêre stelsel binne die Suid-Afrikaanse grense, sodat daar nie kompetisie vir die Rand is nie. Die Ora is dus ʼn koeponstelsel wat gerugsteun word deur Rande in die bank, die verhouding is dus 1:1. R1 = ϕ1.
Die dOra is ‘n digitale weergawe van die Ora. Die gebruik van Ora’s in die Orania ekonomie word nog meer vergemaklik met die digitale Ora (dOra).
digitale uitnemendheid!
Voordele vir die Orania Gemeenskap
Behalwe die voorreg om deel te wees van die opwindende projek, is daar nog vele ander voordele:
- Stimuleer die plaaslike ekonomie deurdat Ora’s digitaal in die gemeenskap sirkuleer.
- Baie veilig! Jou dOra’s word rondgedra in ‘n elektroniese beursie wat nie verlore of gesteel kan word nie.
- Geen bankkoste!
- Maklik en vinnig!
- dOra’s word gerugsteun deur die Ora’s wat veilig by OSK lê en rente verdien. Die rente opbrengs word deur die sakekamer weer teruggeploeg in die Orania ekonomie.
besigheidsregistrasie
het jy ‘n besigheid en wil graag dora’s aanvaar?
Individue
- Laai Toep af via “Android Store” of “Apple Store”
- Registreer met jou e-pos adres.
- Bevestig jou e-pos adres.
- Koop dOra’s by enige dOra handelaar of aanlyn by d-ora.co.za
- Gebruik jou dOra’s by enige besigheid of persson wat dOra’s aanvaar.
ORANIA SAKEKAMER
Wie is die Orania Sakekamer?
Orania Sakekamer is die plaaslike sakekamer wat ten doel het om Orania en sy omliggende gebied se sakemanne saam te snoer en te help bou aan die Orania droom – spesifiek gefokus op die selfstandige ekonomie van Orania.
Kontak ons
Tel : 060 547 9585
e-pos : navrae@d-ora.co.za
H/V Saffierstraat en Diamantlaan, Saamstaan Winkelsentrum, Oraans Groep kantore, Orania 8752